# Die adjunkminister van Vroue, Jeug en Persone met Gestremdhede in die Presidensie, Mmapaseka Letsike, het ‘n beroep gedoen dat maatskaplike en samehorigheidsekonomie die sleutel moet wees tot werkskepping, uitbreiding van eienaarskap en die lewering van meer insluitende ekonomiese groei. Sy het groei van 0,5-persent in die eerste kwartaal van hierdie jaar genoem, terwyl daar in die tweede kwartaal 8,5-miljoen Suid-Afrikaners amptelik werkloos was. Letsike sê die land moet ekonomiese instellings bou waar die konstitusionele waardes van waardigheid, gelykheid, vryheid en demokratiese deelname deel van mense se daaglikse lewe is.
Adjunkminister Letsike vra maatskaplike en samehorigheidsekonomie vir groei en werkskepping