Skip to content

Nkosazana Dlamini-Zuma gaan Fikile Mbalula se lastersaak teen haar beveg

# Die ANC se nasionale uitvoerende komitee-lid, Nkosazana Dlamini-Zuma, hou by haar verklaring dat geld gebruik is om stemme in die party te beïnvloed. Sy het ʼn kennisgewing van voorneme ingedien om die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, se lastersaak teen haar te beveg. Dit hou verband met opmerkings wat sy op die African Renaissance-podsending gemaak het. Sy sê Mbalula het by die party se nasionale konferensie in Desember 2022 openlik geld uitgedeel om Cyril Ramaphosa se herverkiesing te verseker. Dlamini-Zuma sê geld se invloed in ANC-leierskapverkiesings bedreig die party se integriteit.