# Die Vryheidsfront Plus het die Stad Tshwane gekritiseer vir tien-duisend-rand wat betaal is om ‘n eiendom in Clubview, Pretoria, ter waarde van vyf-duisend-600-rand te waardeer. Peter Meijer van die VF Plus sê die waardasie het amper dubbel die waarde van die grond gekos en was onnodig omdat twee munisipale departemente die eiendom reeds gewaardeer het. Meijer het bygevoeg die besteding is ‘n vermorsing van belastingbetalersgeld en het die beheermaatreëls bevraagteken wat in plek is om sulke besteding te voorkom.
VF Plus beskuldig Tshwane hy vermors geld op eiendomswaardasie