# Die Santa Shoebox-projek moedig ondernemings, skole, boekklubs en gemeenskapsgroepe aan om minstens 20 geskenkboksies vir minderbevoorregte kinders te borg. Die organisasie vier sy 20ste bestaansjaar en hoop om 85-duisend geskenkboksies te versprei. Elke boks bevat noodsaaklikhede soos klere, toiletware, skoolbenodigdhede, ‘n speelding en lekkers. Die uitvoerende hoof, Deb Zelezniak, sê groepe het nog hierdie maand die geleentheid om hul deelname te bevestig en individuele skenkers kan dan vanaf die eerste September deelneem.
Suid-Afrikaners aangemoedig om deel te wees van Santa Shoebox se 20ste herdenkingsveldtog [KLANK]
ENG ZelezniakOnAnniversaryDrive