# Drie mense is dood en vier ernstig beseer in vanoggend se botsing tussen twee minibustaxi’s en ‘n vragmotor op die N7 by Malibongwe-rylaan in Kaapstad. Die Wes-Kaapse regering sê die N7 suidwaarts bly gesluit by die Potsdamweg- en Malibongwe-rylaan-wisselaar. Motoriste word versoek om die gebied te vermy en alternatiewe roetes te gebruik weens erge verkeersopeenhopings. Nood- en verkeersbeamptes bly op die toneel terwyl pogings voortduur om normale verkeersvloei te herstel.
Drie sterf, vier ernstig beseer in botsing op N7 in Kaapstad