# Krieket: Suid-Afrika speel môre teen die gasheer in die openingswedstryd van die T20-driehoekige reeks in die Namibiese hoofstad, Windhoek. Die ander deelnemer is die ander mede-gasheer van volgende jaar se eendag-Wêreldbekertoernooi, Zimbabwe. Elke span meet twee keer kragte met die ander twee en die twee top-spanne speel in volgende Sondag se eindstryd. Björn Fortuin sal die jong Protea-span aanvoer in die afwesigheid van verskeie meer ervare spelers, met opwindende spelers soos Dewald Brevis, Jordan en Rubin Hermann, Duan Jansen, Kwena Maphaka en Lutho Sipamla in die groep.
Krieket: Proteas en gasheer Namibië skop T20-driehoekige reeks in Windhoek af