Skip to content

Matlala sê Senona het hom aangemoedig om gekanselleerde SAPD-kontrak te betwis [KLANK]

# Die sakeman Vusimuzi “Cat” Matlala het voor die Madlanga-kommissie getuig die voormalige Valke-hoof in KwaZulu-Natal, generaal Lesetja Senona, het hom aangemoedig om die kansellasie van sy SAPD-kontrak te betwis. Matlala het bevestig Senona het hom aangeraai om regshulp in te win en die hof te nader om die beëindiging van sy kontrak te probeer keer. Matlala het op vrae deur die getuienisleier, Adila Hassim, geantwoord dat Senona bloot sy belange op die hart gedra het. Matlala het Senona se betrokkenheid as ondersteunend beskryf:

ENG-Hassim-MatlalaOnSenonaContract