# Minstens 15 babas het vanoggend doodgebrand tydens ʼn brand by die Pakistan Instituut vir Mediese Wetenskappe, wat die grootste hospitaal in die Pakistanse hoofstad, Islamabad, is. Volgens berigte het die brand ontstaan toe ʼn lugversorger se kompressor in die kinderafdeling ontplof het. Reddingspanne kon een baba red. Owerhede sê ʼn ondersoekkomitee onder leding van die addisionele adjunkkommissaris-generaal sal die voorval ondersoek, onder meer of die afdeling se ontruimings- en brandveiligheid-prosedures voldoende was.
Minstens 15 pasgebore babas sterf in brand in Pakistanse hospitaal