# Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê die party se wyksraadslid-kandidate wat nie matriek het nie, sal voor die plaaslike regeringsverkiesing in November om kwytskelding moet aansoek doen. Dit volg nadat sommige provinsiale sekretarisse kwytskelding gevra het vir voornemende raadslede wat nie matriek het nie. Die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee werk tans aan sy kandidatelys voor dit volgende maand bekendgemaak word. Mbalula sê die vereistes vir burgemeesterskandidate is egter ononderhandelbaar:
Mbalula sê ANC sal kwytskelding oorweeg vir wyksraadslid-kandidate wat nie matriek het nie [KLANK]
ENG MbalulaOnMayoralCandidates