Skip to content

Onderwysaktivis bekommerd oor beweerde poging tot seksuele aanranding by skool in Boksburg [KLANK]

# Die onderwysaktivis Hendrick Makaneta het kommer uitgespreek oor ʼn beweerde poging tot seksuele aanranding by die Villa Liza Secondary School in Boksburg, oos van Johannesburg. Volgens die Gautengse Onderwysdepartement het ʼn graad 8-leerder verlede Donderdag na die skool se toilette gegaan toe twee leerders haar glo gevolg, vasgehou en probeer het om van haar klere te verwyder. ʼn Strafregtelike saak is aanhangig gemaak. Makaneta sê daar is geen plek vir seksuele geweld in skole nie:

ENG MakanetaONSexualAssault