# Die ANC se NUK-lid, Nkosazana Dlamini-Zuma, het opmerkings teruggetrek wat sy op die African Renaissance Podcast teen die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, gemaak het. Sy het hom en ANC-sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, beskuldig dat hulle in die party se 2017 en 2022 Nasionale Konferensies stemme gekoop het, maar albei ontken dit. Dlamini-Zuma het beweer ʼn oudio-opname betrek Lamola direk. Sy sê egter nou dat sy na ʼn verduideliking verskoning vra vir haar opmerkings. Sy sê kommer oor die invloed van geld in ANC-leierskapstryde moet aangespreek word.
Nkosazana Dlamini-Zuma trek stemme-koop- bewerings teen Ronald Lamola terug