# Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê die party het die proses om kandidate te kies, benader met die erns wat dit verdien. Die party se Nasionale Uitvoerende Komitee het gister ʼn uitgebreide vergadering gehou. Dit is die laaste fase om die nasionale lys saam te stel voor kandidate se name aan die Verkiesingskommissie oorhandig word vir die plaaslikeregeringsverkiesing in November. Mbalula sê hulle het op elke stadium seker gemaak dat kandidate aan die standaarde voldoen wat van openbare verteenwoordigers vereis word:
Mbalula sê die ANC wil leiers met integriteit, bevoegdheid en nederigheid identifiseer [KLANK]
ENG MbalulaOnSelectionProcess