# President Donald Trump sê die Amerikaanse Vloot het alle myne in die internasionale waters van die Straat van Hormoes verwyder of laat ontplof. Die belangrike waterweg, waardeur sowat 20-persent van die wêreld se olie en vloeibare gas uitgevoer word, is deur Iran geblokkeer sedert die oorlog in Februarie begin het. In ‘n plasing op Truth Social waarsku Trump dat enige skip of boot wat nuwe myne plaas onmiddellik en sistematies vernietig sal word. Hy sê die Amerikaanse vloot gebruik Space Force-tegnologie om die hele straat te monitor.
Trump sê alle myne in die Straat van Hormoes is verwyder of ontplof