Skip to content

Theunissen sluit aan by DA in Tshwane ná verwydering deur VF Plus

# Die Vryheidsfront Plus se voormalige koukusleier in Tshwane, Grandi Theunissen, het by die DA aangesluit. Hy het dit vanoggend op ‘n nuuskonferensie bekend gemaak en die DA beskryf dit as ‘n beduidende politieke skuif in Gauteng. Die VF Plus het Theunissen vroeër die maand verwyder as koukusleier nadat hy sedert 2021 in die rol gedien het. Die DA sê sy verskuiwing sal hul posisie in die metro versterk voor die plaaslike regeringsverkiesing in November.