# Swem: Die internasionale liggaam, die Eenheid vir Integriteit in Watersport, het Swem Suid-Afrika se president, Alan Fritz, en uitvoerende hoof, Shaun Adriaanse, voorlopig geskors oor moontlike oortreding van Wêreld-watersport se integriteitskode. Die bewerings sluit in misbruik van mag en die verskaffing van vals inligting en dokumente. Die eenheid sê Fritz en Adriaanse mag tydens hulle voorlopige skorsing geen amp beklee by Swem Suid-Afrika, Afrika-watersport, Wêreld-watersport of enige ander erkende liggaam nie. Hulle mag nie deelneem aan enige swem-verwante aktiwiteite nie, en word ook verbied om dit by te woon.
Swem: Swem Suid-Afrika se president en uitvoerende hoof voorlopig geskors