# Krieket: Engeland se snelbouler, Brydon Carse, is ná ʼn voorval buite ʼn Derby-nagklub nie by die groep ingesluit vir die tweede toets teen Pakistan nie. Die aksie begin Donderdag op Lord’s. ʼn Video word versprei waar hy Saterdagaand in boeie deur die polisie weggelei word. Die Engeland en Wallis Krieketraad het die voorval vir ondersoek na die Krieketreguleerder verwys. Carse, wat deur Sonny Barker vervang word, is die derde speler die afgelope 12 maande wat ʼn toets weens ʼn dissipline-kwessie misloop.
Krieket: Brydon Carse uitgelaat uit Engelse span vir tweede toets teen Pakistan