# Die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, verwelkom die opening van ‘n nuwe kantoor vir Binnelandse Sake, by die Burgersentrum in die middestad. Inwoners kan nou, slegs per afspraak, aansoek doen vir noodsaaklike dokumente soos ID’s en paspoorte by die fasiliteit, wat daarop gemik is om regeringsdienste meer toeganklik te maak en druk op besige takke van Binnelandse Sake te verlig. Hill-Lewis sê die kantoor is ‘n voorbeeld van doeltreffende samewerking tussen die nasionale en plaaslike regering:
Stad Kaapstad en Binnelandse Sake span saam om toegang tot dienste te verbeter [KLANK]
AFR GeordinOnNewOffice