Skip to content

Pous Leo bepleit internasionale optrede om Ebola-uitbreking in DRK te beveg

# Pous Leo vra internasionale hulp om die uitwerking van ‘n Ebola-uitbreking in die Demokratiese Republiek die Kongo te beperk, wat tot dusver meer as twee-duisend-500 lewens geëis het. Amptenare van die Verenigde Nasies sê die uitbreking versprei vinnig oor ‘n groot gebied in die land. Die pous het op St Petrusplein aan pelgrims gesê hy bid dikwels vir die DRK. Die land se 17de Ebola-epidemie het laat verlede maand die grootste uitbreking in die geskiedenis geword.