Skip to content

Business Leadership SA sê dis tyd om werklik te fokus op groei van ekonomie

# Business Leadership South Africa sê ‘n regering verbind tot hervorming en die skepping van ‘n pro-groei-beleidsomgewing, tesame met ‘n sakevennoot verbind tot suksesvolle inwerkingstelling, sal waarskynlik lei tot meer belegging. President Cyril Ramaphosa het verlede week fase-3 van die vennootskap tussen die regering en die sakewêreld bekendgestel, gemik daarop om die bruto binnelandse produk tot bo drie-persent te laat groei. BLSA se uitvoerende hoof, Busisiwe Mavuso, sê die ware maatstaf van hervorming is nie die aantal beleide wat geskep of verander word nie, maar die geleenthede wat daaruit voortspruit.