Skip to content

United Progressive People Alliance gaan 70 wykskandidate in Tshwane stel

# Die United Progressive People Alliance sê hy gaan 70 wykskandidate in Tshwane stel in November se plaaslike regerings-verkiesing. Die party het ‘n sespuntplan bekendgestel om die metro te herbou voor die verkiesing. Dit gee onder meer aandag aan ingewortelde en finansiële uitdagings terwyl die waardigheid van gemeenskappe terselfdertyd herstel word. Die alliansie sê hy verskerp sy veldtog om aan inwoners ‘n geloofwaardige alternatief te bied wat fokus op bevoegde bestuur, betroubare basiese dienste, skoon administrasie, veiligheid en ekonomiese geleenthede.