Skip to content

Sporttoekennings: Akani Simbine, Pieter Coetze en Prudence Sekgodiso groot wenners op SA Sporttoekennings

# SA Sporttoekennings: Die naelloper en Olimpiese silwermedaljewenner, Akani Simbine, is aangewys as Sportster van die jaar op die Suid-Afrikaanse Sporttoekennings in Noordwes. Die swemmer Pieter Coetze en die middelafstand-atleet Prudence Sekgodiso het onderskeidelik Sportman en Sportvrou van die Jaar gewen. Puseletso Mabote is aangewys as Gestremde Sportman van die Jaar met Simoné Kruger die wenner in die vroue-afdeling. Die Olimpiese silwermedaljewenner, Bayanda Walaza, het die toekenning as Jong Sportster van die Jaar ingepalm. Die Proteas se manstoetskrieketspan is bekroon as Span van die Jaar.