Skip to content

Regskenner sê die Koalisie-wetsontwerp hanteer nie wanfunksionele bestuur in plaaslike regering nie

# Die grondwet-kenner, professor Pierre de Vos, sê die Wetsontwerp op Koalisies se probleem is dat dit aandag wil gee aan die simptome van wanbestuur en onbestendigheid in plaaslike regering en nie aan die grondoorsake nie. Die wetsontwerp stel ʼn regsraamwerk voor vir die vorming van koalisieregerings. De Vos sê in ʼn artikel vir News24 die wetsontwerp bevat vae bepalings wat moeilik toepasbaar is en tot ʼn vlaag regsgedinge sal lei. Hy stel ʼn verandering aan die kiesstelsel voor om ʼn stelsel met minder wanfunksionerende politieke partye te skep.