# Die president van die Inkatha Vryheidsparty, Velenkosini Hlabisa, sê die terugkeer van ongeveer 200 voormalige lede van die National Freedom Party in Durban, KwaZulu-Natal, beklemtoon die groeiende steun vir sy party voor die plaaslike verkiesing. Die lede, waaronder bekende leiers soos die party se nasionale voorsitter Sibusiso Mkhabela, die sekretaris-generaal Teddy Twala en partyraadslede, is by die IVP verwelkom. Die meeste van die lede het die IVP oorspronklik in 2011 verlaat om die NFP te stig. Hlabisa sê hul aankoms is ‘n beduidende mosie van vertroue in die party se beginselvaste leierskap en politieke visie.
Hlabisda sê terugkeer van NFP-oorlopers beklemtoon groeiende steun vir IVP