# Die leier van Build One South Africa, Mmusi Maimane, het in die aanloop tot die plaaslike regeringsverkiesing Martha Moshiga as die party se burgemeesterskandidaat vir die Stad Tshwane aangewys. Moshiga is BOSA se streekleier vir Tshwane. Sy sê haar topprioriteit is doeltreffende dienslewering, en etiese en verantwoordbare leierskap om vertroue in die hoofstad te herstel. Sy sê Tshwane het enorme potensiaal, maar leierskap is nodig om orde te skep, na inwoners te luister en gebroke beloftes reg te stel:
Martha Moshiga gereed as BOSA se burgemeesterskandidaat vir Tshwane [KLANK]
ENG-MoshigaOnLeadership