# Die ANC-sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê die party het die keuringsproses vir sy burgemeesterskandidate vir openbare benoemings oopgestel om deursigtigheid te verbeter. Die party stel later vandag sy verkiesingsmanifes vir die plaaslike regeringsverkiesing bekend. Mbalula sê ses nominasiestrome is geskep, insluitend takke, gemeenskappe, alliansievennote, ligas en selfbenoemings. Hy sê 532 name is aanvanklik oorweeg, kandidate is op die kortlys geplaas en aan onderhoude en onafhanklike keuring onderwerp. Kandidate is beoordeel op grond van kwessies soos dienslewering, begrotings, fakturering en die wet:
Mbalula sê ANC-kandidaatkeuring is oop vir publiek [KLANK]
ENG-MbalulaOnCandidates