Skip to content

JMPD waarsku oor padsluitings in Diepsloot met bekendstelling van ANC-manifes [KLANK]

# Die Johannesburg Metropolisie het die tydelike sluiting van Porcupinelaan in Riverside, Diepsloot, aangekondig vir die bekendstelling van die ANC-manifes vandag. Die pad tussen Natal Sandstraat en Pelargoniumrylaan is vanoggend om 7-uur gesluit en sal tot vanaand 7-uur toe bly. Motoriste wat van die suide af reis, word versoek om Natal Sandstraat, Pioneerstraat en Pelargoniumrylaan te gebruik, met dié uit die noorde wat Lanner-rylaan kan gebruik. JMPD-woordvoerder Xolani Fihla het bestuurders aangespoor om beamptes se instruksies te volg:

ENG-FihlaOnTraffic