Skip to content

Burgerlike samelewingsgroepe vra regering om Israelse maatskappy se Oranje-kom transaksie te verwerp

# Burgerlike samelewingsgroepe doen ‘n beroep op die minister van Minerale en Petroleum Hulpbronne, Gwede Mantashe, om ‘n voorgestelde ooreenkoms rakende ‘n olie-ontginningsblok op see in die Oranje-kom te verwerp. Die South African Boycott, Divestment and Sanctions Coalition, Masifundise Onrtwikkelingstrust, Natural Justice en die Climate Justice Coalition sê die oordrag van ‘n 38-persent-belang en beheer aan die Israelse maatskappy Navitas Petroleum kan vissersgemeenskappe en die omgewing bedreig. Roshan Dadoo van die koalisie doen ‘n beroep op behoorlike openbare raadpleging en omgewingsbeoordeling voor enige besluit geneem word.