# Twee pro-demokrasie-aktiviste wat jaarliks ‘n nagwaak gereël het om China se dodelike Tiananmen-onderdrukking te herdenk, is in ‘n Hongkongse hof skuldig bevind aan aanhitsing tot ondermyning. Die regerende Chinese Kommunistiese Party het in 1989 oorlogtenks ingestuur om vreedsame, studente-geleide demokrasie-betogings te onderdruk op die Tiananmen-plein in Beijing. Tien-duisend mense is na raming dood. Die vooraanstaande jong menseregte-prokureur, Chow Hang-tung, en die voormalige opposisie-wetgewer, Lee Cheuk-yan, kan tot tien-jaar tronkstraf opgelê word. ‘n Derde beskuldigde, Albert Ho, het in Januarie skuldig gepleit.
Twee Hongkongse aktiviste skuldig bevind aan aanhitsing tot ondermyning oor Tiananmen- herdenkingsnagwaak