# Die Tshwane metropolisie sê daar is ‘n ernstige ongeluk op die N1 Noord voor die Proefplaas-aansluiting. Dit vertraag die verkeer van Lynnwoodweg af. Die pad is vir verkeer gesluit tussen die Proefplaas-aansluiting en Sefako Makgato-uitgang. Volgens die departement is noodvoertuie op die toneel en verkeer word na die N4-afrit herlei. Motoriste word gemaan om versigtig te ry in die omgewing.
Padsluiting weens ernstige ongeluk op N1 noord na Proefplaas-aansluiting