Skip to content

DRK ontvang 70 000 Ervebo-entstofdosisse om Ebola-uitbreking te bekamp

# Die Demokratiese Republiek die Kongo gaan Ervebo-entstowwe van die globale Ebola-entstofvoorraad ontvang om in die huidige Bundibugyo-virus-uitbreking te gebruik. Die dodetal staan op twee-duisend-476. Die internasionale samewerkingsgroep vir entstofvoorsiening gaan aanvanklik 70-duisend dosisse van die Ervebo-entstof beskikbaar stel. Hiervan sal 20-duisend dosisse ʼn fase drie kliniese proefneming ondersteun terwyl 50-duisend dosisse vir werkers in die voorste linie gebruik sal word. Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê dis nie bekend of Ervebo doeltreffend is teen die Bundibugyo-virus nie