# Suid-Afrika se groot selfoonnetwerke het tot 15 Januarie 2027 om digitale inhoud van duisende kwalifiserende openbare welwillendheidsorganisasies datavry te maak. Die verpligting vorm deel van die voorwaardes wat aan die 2022-spektrumveiling gekoppel is. Die DG Murray Trust sê slegs ‘n klein aantal organisasies is tot dusver nulgegradeer, ten spyte van duisende wat moontlik kwalifiseer. Die Trust doen ‘n beroep op operateurs en die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika om dringend implementerings- en afdwingingsplanne te verduidelik. Hy sê die nulgegradering sal toegang tot onderwys, gesondheidsorg en werksgeleenthede kan verbeter.
Groot selfoonnetwerke het tot Januarie om inhoud van openbare welwillendheidsorganisasies datavry te maak