# Krieket: Drie nuwelinge is ingesluit in die Protea-vroue se groep van 15-spelers vir volgende maand se T20-reeks teen Zimbabwe in Bulawayo. Die groep word gelei deur die gereelde kaptein, Laura Wolvaardt, en die nuwe gesigte is die naatboulers Nthabiseng Nini en Caitlin Wyngaard, en die draaibouler Luyanda Nzuza. Marizanne Kapp, Dané van Niekerk, Suné Luus, Tazmin Brits, Chloe Tryon, Ayabonga Khaka en Shabnim Ismail is sommige van die ervare spelers wat die Proteas se eerste Zimbabwiese toer ooit sal misloop.
Krieket: Drie nuwelinge ingesluit in die Protea-vroue se groep vir die geskiedkundige toer na Zimbabwe