# Die Departement van Gesondheid sê die regering is verbind tot noue samewerking met die farmaseutiese bedryf om die sektor te versterk en plaaslike vervaardiging te ondersteun. Senior regeringsamptenare en leiers in Suid-Afrika se farmaseutiese sektor het vroeër die week vergader om dringend uitdagings in die bedryf te bespreek. Die departement se woordvoerder, Foster Mohale, sê die ontmoeting het geleentheid gebied vir reguit en opbouende gesprekke oor druk op die sektor, insluitend groter globale geopolitieke onsekerheid en wêreldwye ontwrigting in voorsieningskettings:
Regering en farmaseutiese sektor gaan nouer saamwerk aan bedryfsuitdagings [KLANK]
ENG MohaleONCooperation