Skip to content

Tennis: Zverev uitgeskakel en verdedigende kampioen Swiatek haal Cincinnati Ope se kwarteindronde

# Tennis: Die wêreld-nommer-24, Tommy Paul, het die topgekeurde Alexander Zverev van Duitsland geklop om die Cincinnati Ope se kwarteindronde gehaal. Die Amerikaner kom nou teen die Italianer, Flavio Cobolli, te staan wat die Spanjaard, Rafael Jodar, verslaan het. In die vroueafdeling het Iga Swiatek van Pole met Diane Parry van Frankryk afgereken om haar vierde agtereenvolgende kwarteindronde in Cincinnati te haal. Sy sal kragte meet teen die wêreld-nommer-twee, Elena Rybakina van Kazakstan. Die derde gekeurde Amerikaner, Jessica Pegula, het die Roemeen, Sorana Cirstea, naelskraaps geklop.