# Gauteng se LUR van Onderwys, Lebogang Maile, sê die departement sal voortgaan met pogings om veiligheid by skole te versterk en dwelmmisbruik, gevaarlike wapens en ander verbode items in skole te bekamp. Hy was gister by ʼn onaangekondigde soek-en-beslagleggingsbesoek onder leiding van die Suid-Afrikaanse Polisiediens by drie hoërskole in Alexandra. Hulle het beslag gelê op onder meer dwelms, messe, glasskerwe en skêre. Maile sê hy is bekommerd oor die aard van die items, veral dwelms en voorwerpe wat ernstige beserings kan veroorsaak:
Gautengse Onderwys-LUR sê skole moet veilig wees want dis heilige plekke van onderrig [KLANK]
ENG MaileOnSafety