# Die Verenigde Arabiese Emirate, Iran se tweede grootste handelsvennoot, het tot verdere kennisgewing alle handel, kommersiële uitruiling en finansiële transaksies met Teheran opgeskort. Dit volg nadat twee ballistiese missiele op die Golf-staat afgevuur is. Die VAE se ministerie van Verdediging sê sy lugafweerstelsels het twee ballistiese missiele op pad van Iran opgemerk. Een het in die see en buite sy gebiedswater geval. Teheran ontken dat hy missiele afgevuur het en sê die beskuldigings is ongegrond. Hy waarsku sulke bewerings kan streeksdiplomasie en pogings om vertroue te skep, ondermyn.
Verenigde Arabiese Emirate skort alle handel en kommersiële bande met Iran op na aanval