# Rugby: Rugby’s Greatest Rivalry se trofee bestaan uit twee helftes, maar word magneties bymekaar gehou om die unieke band tussen die Springbokke en die All Blacks vas te vang. Die trofee se ontwerp herinner aan ʼn grashalm. Suid-Afrika se helfte het kunswerk op deur Bonolo Chepape, en Nieu-Seeland s’n is versier met Māori-kunselemente, ontwerp deur Kereama Taepa. Die wenners van die toernooi van vier toetse, sal op 12 September albei helftes ontvang na die laaste toets in Baltimore, Amerika. Indien die reeks gelykop eindig, ontvang elke nasie ʼn helfte.
Rugby: Rugby’s Greatest Rivalry se trofee vang unieke band tussen Springbokke en All Blacks vas