Skip to content

Minister Manamela ontplooi span om die onrus by KSUT op te los [KLANK]

# Die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Buti Manamela, vra ‘n dringende gesprek tussen die bestuur en raad van die Kaapse Skiereilandse Universiteit vir Tegnologie en studenteleiers. Gister se brandstigtingsvoorval op die kampus in Bellville het ‘n algehele sluiting veroorsaak en koshuise is ontruim. Dit volg op betogings oor voorgestelde veranderings aan die befondsingsmodel en registrasie-vereistes. Woordvoerder Matshepo Seedat sê Manamela veroordeel die vernietiging van universiteits-eiendom, asook geweld en intimidasie:

ENG SeedatOnCPUT