# Die parlementêre portefeuljekomitee oor Hoër Onderwys en Opleiding sê die Openbare Beskermer se verdoemende verslag oor die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente is nie ʼn verrassing nie, gegewe die voortslepende bestuurs-, administratiewe en stelselprobleme. Volgens die verslag is sowat 40-duisend studente by 76 hoëronderwys-instellings onbehoorlik befonds teen ʼn koste van 5,1-miljard-rand. Die komiteevoorsitter, Tebogo Letsie, sê studente moenie die gevolge dra van bestuursmislukkings en administratiewe swakhede by ʼn instelling wat hul onderrig moet ondersteun nie.
Parlementêre Hoëronderwys-komitee nie verras deur Openbare Beskermer se NSFAS-verslag nie