Skip to content

Geordin Hill-Lewis sê DA kan Tshwane se koalisie-chaos beëindig en bestendigheid bring

# Die DA-leier Geordin Hill-Lewis vra Tshwane-inwoners om die party ʼn volstrekte meerderheid te gee in die munisipale verkiesing in November. Hy sê koalisieregerings het versuim om bestendige en doeltreffende regering te bied. Spanning het uitgebreek tussen die metro se koalisievennote, met die ANC en EFF wat ActionSA en burgemeester Nasiphi Moya beskuldig dat sy nie ʼn ooreenkoms nakom om die stadsbestuurder, Johann Mettler, te skors nie. Hill-Lewis sê ʼn volstrekte DA-meerderheid kan Tshwane ʼn burgemeester gee wat minder tyd bestee om ʼn koalisie te red en meer tyd het om die metro reg te ruk.