Skip to content

Gholf: LIV Gholf kanselleer spankampioenskap aan einde van seisoen in Michigan

# Gholf: LIV Gholf het bevestig dat sy spankampioenskap in Michigan gekanselleer is en hierdie week se toernooi in Indianapolis is die laaste van dié seisoen. Die wegbreekliga is in onsekerheid gedompel sedert die Saoedi-Arabiese Beleggingsfonds in April sy finansiële steun onttrek het. LIV Gholf se uitvoerende hoof, Scott O’Neil, het onlangs ‘n ooreenkoms met ‘n nuwe naamlose hoofbelegger bevestig om die 2027-seisoen te befonds. Hy sê die vroeë einde stel hulle in staat om te fokus op die streng bedryfs-vereistes wat nodig is vir so ‘n oorgang.