Skip to content

MK-party en UAT appelleer teen Wes-Kaapse Hooggeregshof se beslissing oor ampsklagondersoek

# Die MK-party en die United Africans Transformation wil appelleer teen ʼn tussentydse interdik van die Wes-Kaapse Hooggeregshof wat die werk van die parlementêre Ampsklagkomitee eers gestop het. Dit volg nadat die Konstitusionele Hof opposisiepartye onder leiding van die African Transformation Movement verbied het om teen die Hooggeregshof-beslissing te appelleer, hangende president Cyril Ramaphosa se hersieningsaansoek. In hofdokumente beskuldig die MK-party en UAT Ramaphosa dat hy vertragingstaktieke gebruik. Die partye voer ook aan dat die volle regsbank talle foute gemaak het in die verwerping van hul saak.