# Die DA sê 41 ambulanse van die Stad Johannesburg, ter waarde van meer as 16-miljoen-rand, staan al ses jaar lank ongebruik terwyl inwoners onderhewig is aan lang wagtye vir nooddienste. Die party doen ‘n beroep op ‘n onafhanklike oudit om die toestand en waarde van die ambulanse te bepaal. Alan Fuchs van die DA blameer swak beplanning nadat die Gautengse regering ambulansdienste in 2020 oorgeneem het. Hy sê die ongebruikte voertuie mors openbare geld:
DA sê 41 Johannesburgse ambulanse ter waarde van R16-miljoen staan al ses jaar ongebruik [KLANK]
ENG FuchsOnAmbulances