Skip to content

DA vra SOE-ondersoek na ineenstorting van Daybreak Foods [KLANK]

# Die DA het president Cyril Ramaphosa versoek om ‘n ondersoek deur die Spesiale Ondersoekeenheid na die ineenstorting van Daybreak Foods te magtig. Die adjunkwoordvoerder oor Begrotings van die DA, Andrew Bateman, sê die ondersoek moet beweerde onreëlmatige uitgawes, opgeblase regs- en bemarkingskoste, gestaakte forensiese ondersoeke en moontlike onbehoorlike voordele ondersoek. Die ineenstorting plaas na bewering die Openbare Beleggingskorporasie se belegging van ongeveer twee-miljard-rand aansienlik in gevaar, en sê aanspreeklikheid is nodig:

ENG-BatemanOnCompany