# Motorsport: Motorsport Suid-Afrika het ‘n span van 34 jaers aangekondig wat gekies is om deel te neem aan die 2026 FIM Africa, Motocross of African Nations Championship, wat van 28 tot 30 Augustus in Windhoek, Namibië, sal plaasvind. Die Suid-Afrikaanse span sal in agt klasse meeding, insluitend MX 50, MX 65, MX Lite, MX 125, en MX 1 en 2. Spanne van Angola, Botswana, Kenia, Madagaskar, Mosambiek, Senegal, Uganda, Zambië en Zimbabwe sal hul lande by hierdie gesogte kontinentale kampioenskap verteenwoordig.
Motorsport: Suid-Afrika se veldrenspan aangekondig vir African Nations Championship