Skip to content

Rugby: Ackermann sê All Blacks moenie Bokke met franchise-spanne vergelyk nie

# Rugby: Die Bulle se afrigter, Johan Ackermann, dink nie die All Blacks se vertoning teen sy span, die Stormers en die Haaie is ‘n aanduiding van hoe hulle teen die Springbokke gaan vaar nie. Nieu-Seeland het die streekspanne redelik maklik verslaan voor Saterdag se eerste toets op Ellispark. Die voormalige slot, wat tussen 1996 en 2007 13 toetse vir Suid-Afrika gespeel het, sê die Bokke sal meer wedstrydfiks wees as die franchise-spanne. All Black-afrigter Dave Rennie waarsku sy spelers om hul spelpeil teen die wêreldkampioen te verhoog.