# Die bevelvoerder van Iran se Weermag, Amir Hatami, bied ‘n kontantbeloning van ongeveer 484-duisend-rand aan vir enigiemand wat ‘n Amerikaanse soldaat gevange neem of doodmaak en aan die owerhede oorhandig. Sewentien Amerikaanse militêre personeellede is dood sedert die begin van die oorlog, maar almal het buite Iran gesterf, in lande soos Jordanië en Irak. Hatami sê dapper Iranse vroue wat ‘n Amerikaanse soldaat gevange neem of doodmaak, sal dubbel die beloning ontvang. Hy herhaal ook Iran se eis dat Amerika die Midde-Ooste moet verlaat.
Iran bied kontantbeloning van meer as R400 000 vir dood of gevangeneming van Amerikaanse soldate