Skip to content

Krieket: Australiese kolwers onder druk na geskiedkundige nederlaag teen Bangladesj

# Krieket: Daar word toenemend gevra vir die vervanging van ouer kolwers na Australië se vernederende nederlaag met nege paaltjies in die eerste toets teen Bangladesh in Darwin. Dis die besoekers se heel eerste oorwinning in Australië en slegs hulle tweede oor die wêreld se voorste span. Druk neem toe op spelers soos Marnus Labuschagne en Jake Weatherald, wat gemiddeld onder 27 lopies aangeteken het sedert die begin van die reeks om die As teen Engeland verlede jaar. ‘n Vorige kaptein, Ricky Ponting, sê dis tyd vir moeilike besluite.