# Rugby: Die All Black-stut Ollie Norris is op pad terug na Nieu-Seeland nadat hy ʼn kraakbeenbesering opgedoen het en ses weke op die kantlyn moet bly. Hy is die vierde speler wat die res van Rugby’s Greatest Rivalry-toer in Suid-Afrika gaan misloop nadat George Bell, Billy Proctor en Caleb Clarke ook beseer is. Cortez Ratima se deelname aan die eerste toets teen die Springbokke is ook in die weegskaal weens ʼn kniebesering en Noah Hotham is opgeroep as moontlike plaasvervanger.
Rugby: Beseerde Ollie Norris vierde All Black-speler wat huis toe gaan