# Tennis: Iga Swiatek van Pole het haar Cincinnati-ope-titel begin verdedig met ‘n oorwinning oor die Colombiaan, Emiliana Arango, om die derde ronde te haal. Die wêreld-nommer-een, Aryna Sabalenka van Belarus, het die Australiër Talia Gibson geklop en die Amerikaner Coco Gauff het die Rus Liudmila Samsonova verslaan. In die mansafdeling het die Portugese kwalifiseerder Jaime Faria die Amerikaner Ben Shelton uitgeskakel in sy eerste oorwinning oor ‘n top-tien-speler. Die vierde-gekeurde Rus, Daniil Medvedev, Felix Auger-Aliassime van Kanada en die Amerikaner Taylor Fritz is ook deur na die derde ronde.
Tennis: Swiatek, Medvedev deur na Cincinnati Ope se derde ronde, Shelton uitgeskakel